Vuurrot (astrologie)

丙子

Die Vuurrot (丙子, bǐngzǐ) is die 13de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die eerste Aardtak (子, zǐ), gesimboliseer deur die Rot (鼠, shǔ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurrotjaar het in 1996 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 19 Februarie 1996 tot 6 Februarie 1997.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy